Die universiteitswese in Suid-Afrika: ’n Bestekopname van huidige tendense en die vooruitsig vir Afrikaans
Die universiteitswese in Suid-Afrika: ’n Bestekopname van huidige tendense en die vooruitsig vir Afrikaans
PDF

Keywords

Hoër onderwys in Suid-Afrika
studenteprotes
transformasie
universiteite

Abstract

Die doel van hierdie artikel is die identifisering en analitiese omskrywing van die mees prominente politieke tendense wat tans die Suid-Afrikaanse universiteitswese beïnvloed, met spesifieke verwysing na Afrikaanse universiteite en hoër onderwys. Die bydrae neem as vertrekpunt die teoretiese beginsel van transformasie, en die spesifieke en eiesoortige ideologiese toepassing van dié konstruk in Suid-Afrika sedert 1994.  Die ingrypende invloed van hierdie ideologiese transformasiebeskouing op openbare instellings in Suid-Afrika bespreek, insluitend die institusionele en sosio-politiese impak op universiteite.  Teen hierdie teoretiese agtergrond word sleutelkwessies bespreek wat betrekking het op die Suid-Afrikaanse universiteitswese en die plek en rol van Afrikaans in besonder, insluitend in ?n bestekopname van die posisie van Afrikaans in die hoër onderwyssektor; ?n evaluasie van die transformasie van die hoër onderwyssektor; die rasionele argumente en gronde vir die behoud en bevordering van Afrikaans in die sektor; en die reaksie vanuit die Afrikaanssprekende gemeenskap teenoor die marginalisering van die taal by universiteite ?n Evaluerende toekomsperspektief word gebied waarin die behoud van Afrikaans oorweeg word, met inbegrip van aktivisme, geregtelike strategieë en die uitbouing van Afrikaans deur middel van ?n privaat hoër onderwysinstelling.

 

https://doi.org/10.19108/KOERS.81.3.2258

https://doi.org/10.19108/KOERS.81.3.2258
PDF
Creative Commons License

This work is licensed under a Creative Commons Attribution-NoDerivatives 4.0 International License.

Copyright (c) 2016 Theuns Eloff, Wynand Greffrath