Anomalieë in die geskiedenis van die Griekse Wysbegeerte

Abstract

Die geskiedskrywing van die wysbegeerte is sowel ’n saak van historiese aanvoeling as van metodologiese geskooldheid. Sistematies aangelegde wysgere kan selde meer as ’n rasiona- listiese maakwerk van die geskiedenis tot stand bring by ge- brek aan daardie aanvoelingsvermoë wat enkel in ’n beperkte mate leerbaar is. ’n Mens besit daardie gawe of besit dit nie, net soos vir die een verstand vir die logika en vir die ander een vir die etiek voorbestem is. Daarom is ’n bepaalde „genia liteit” (die woord in etimologiese sin, nie in aksiologiese sin opgevat nie) ’n algemene voorvereiste om die lewe, ook die lewe van gedagtes te rekonstrueer. Gedagtes leef immers in die gees van mense en nie daarbuite as selfstandige wesens nie, en mense is voorasnog nie elektroniese masjienes, rasionalis- tiese of wiskundige deduksies of rasionalistiese formules nie. Daarbenewens veronderstel die geskiedenis ook metode, en metode is op sy beurt nie iets wat ’n mens somaar uit ’n pocket-boekie kan leer nie, maar wat spontaan uit die per- soonlike lewens- en werkervaring van die historikus self ont- staan en daardeur aan voortdurende korreksie blootgestel is. En dit lei tot ’n tweevoudige resultaat, eerstens dat ’n lewe van historiese ondersoek die enigste grondslag kan wees om met ’n ernstige kennis van sake oor die metode en sy veeler- hande vraagstukke te kan praat en tweedens dat die historikus gewoonlik gedurende die grootste gedeelte van sy historiogra- fiese loopbaan verplig word om met metodes te werk wat hy met verloop van tyd meer as een keer sal wysig.
https://doi.org/10.4102/koers.v32i5/6.1425
PDF

Copyright information

  • Ownership of copyright in terms of the Work remains with the authors.
  • The authors retain the non-exclusive right to do anything they wish with the Work, provided attribution is given to the place and detail of original publication, as set out in the official citation of the Work published in the journal. The retained right specifically includes the right to post the Work on the authors’ or their institutions’ websites or institutional repositories.

Publication and user license

  • The authors grant the title owner and the publisher an irrevocable license and first right and perpetual subsequent right to (a) publish, reproduce, distribute, display and store the Work in any form/medium, (b) to translate the Work into other languages, create adaptations, summaries or extracts of the Work or other derivative works based on the Work and exercise all of the rights set forth in (a) above in such translations, adaptations, summaries, extracts and derivative works, (c) to license others to do any or all of the above, and (d) to register the Digital Object Identifier (DOI) for the Definitive Work.
  • The authors acknowledge and accept the user licence under which the Work will  be published as set out in https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/ (Creative Commons Attribution License South Africa)
  • The undersigned warrant that they have the authority to license these publication rights and that no portion of the copyright to the Work has been assigned or licensed previously to any other party.

Disclaimer: The publisher, editors and title owner accept no responsibility for any statement made or opinion expressed by any other person in this Work. Consequently, they will not be liable for any loss or damage sustained by any reader as a result of his or her action upon any statement or opinion in this Work. 
In cases where a manuscript is NOT accepted for publication by the editorial board, the portions of this agreement regarding the publishing licensing shall be null and void and the authors will be free to submit this manuscript to any other publication for first publication.

Our copyright policies are author-friendly and protect the rights of our authors and publishing partners.