Abstract
Gedurende die eerste 50 jaar van hierdie eeu het die natuurwetenskappe meer bereik as gedurende al die eeue van die menslike bestaan. Die mens se gemiddelde lewensverwagting is met 20 jaar opgestoot en hy het tot sy beskikking gekry elke denkbare meganiese en elektroniese fasiliteit vir sy gemak en gerief en hy beskik oor kommunikasiemiddels wat aan die begin van hierdie eeu as onmoontlik beskou is. Dit is byna ’n versoeking om te wil byvoeg dat die afgelope 20 jaar se natuurwetenskaplike ontwikkeling en vordering dié van die voorafgaande 50 jaar in die skadu stel. Die afgelope twee jaar alleen het twee hoogtepunte in hierdie natuurwetenskaplike prestasiewedloop gelewer wat alle ander op die agtergrond geskuif het — ek verwys hier na die eerste geslaagde oorplanting van ’n menslike hart en die eerste suksesvolle maanvlug. Voeg ons hierby die vooruitsig om eersdaags mense op die maan te land, kernkrag vir die ekonomiese opwekking van elektrisiteit en die grootskaalse ontsouting van seewater, weervoorspellings van weke vooruit, reusestraiers (1,000 passasierklas) teen klanksnelheid, laserstrale wat 100-miljoen telefoonoproepe en 10-miljoen televisiekanale gelyktydig kan dra, en u sal saamstem dat ons ’n soort natuurwetenskaplike rewolusie belewe. As dit onmoontlik geword het vir enige natuurwetenskap like om tred te hou met die vakliteratuur en al die ontwikkelings op sy eie vakgebied en dit vir hom buite die kwessie is om by benadering kennis te dra van die snelle vordering op al die verwante vakterreine — hoe moeilik moet dit nie vir diegene buite hierdie vakgebiede wees om te verstaan wat die natuurwetenskaplike wil en waarheen hy op pad is nie? Begryplikerwys word dit vir hierdie twee groepe al hoe moeiliker om mekaar se taal te verstaan.Copyright information
- Ownership of copyright in terms of the Work remains with the authors.
- The authors retain the non-exclusive right to do anything they wish with the Work, provided attribution is given to the place and detail of original publication, as set out in the official citation of the Work published in the journal. The retained right specifically includes the right to post the Work on the authors’ or their institutions’ websites or institutional repositories.
Publication and user license
- The authors grant the title owner and the publisher an irrevocable license and first right and perpetual subsequent right to (a) publish, reproduce, distribute, display and store the Work in any form/medium, (b) to translate the Work into other languages, create adaptations, summaries or extracts of the Work or other derivative works based on the Work and exercise all of the rights set forth in (a) above in such translations, adaptations, summaries, extracts and derivative works, (c) to license others to do any or all of the above, and (d) to register the Digital Object Identifier (DOI) for the Definitive Work.
- The authors acknowledge and accept the user licence under which the Work will be published as set out in https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/ (Creative Commons Attribution License South Africa)
- The undersigned warrant that they have the authority to license these publication rights and that no portion of the copyright to the Work has been assigned or licensed previously to any other party.
Disclaimer: The publisher, editors and title owner accept no responsibility for any statement made or opinion expressed by any other person in this Work. Consequently, they will not be liable for any loss or damage sustained by any reader as a result of his or her action upon any statement or opinion in this Work.
In cases where a manuscript is NOT accepted for publication by the editorial board, the portions of this agreement regarding the publishing licensing shall be null and void and the authors will be free to submit this manuscript to any other publication for first publication.
Our copyright policies are author-friendly and protect the rights of our authors and publishing partners.